Archive for Nuusbriewe

NUUSBRIEF 52 [2007]

NUUSBRIEF 52 [2007]

 

  • Use you mouse to catch a cat – Go to http://lolinator.com and type in a Web address. Everything will turn feral. For cat lovers! [Metro 19/11/2007].

 

  • Rightmove – It expect houseprices in the UK to remain flat during 2008. I believe it depend on where you are living in the UK. Shortage of housing stock will still benefit sellers.

 

  • Plastic surgery “botched abroad” – A nose job which may cost £4 000 in Britain costs just £ 1 500 in Egypt, while breast augmentation costing up to £5 000 in a British private clinic is half that in South Africa. [Metro 19/11/2007].

 

  • If somebody call you a “deadbeat” – A person who doesn’t amount to much, one who is permanently broke and always on the cadge. A workshy layabout. [BritSlang].

 

  • Law – It is unlawful to sell horse urine without a licence in Vermont [The World’s Stupidest Laws]

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 51 [2003]

RUSSE (51)

  • The Russians are coming: Die koerant Kent on Sunday (www.kentonsunday.co.uk) het berig dat talle Russiese miljoeners besig is om eiendomme in Kent te koop. Gistraand is op TV berig dat eiendomme in Ashford & Folkstone “will go through the roof”.
  • Gesinsgeweld: Kent Polisie het berig dat laasgenoemde die afgelope 5 jaar met 80% in Kent toegeneem het. ‘n Nuwe Domestic Violence Bill is nou opgestel en word deur die parlement oorweeg.
  • State Law in Racine: “Firemen must not be woken up when they are asleep.”.

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 48 [2003]

DUTCHMAN AND INGLISHMAN (48) 

  • Dutchman & Dutch courage: In die saak van Attorney-General for Northern Ireland v. Gallagher [1963] AC het die hof beslis dat waar ‘n verweerder dronk raak ten einde “dutch courage” op te bou om ‘n misdaad te pleeg, hy die feit dat hy dronk was nie as ‘n verweer kan gebruik nie. Dutch courage beteken jenewermoed volgens die woordeboek. Jenewer is gin. Hollandse moed het dus te make met die vooraf gebruik van alkohol. Ek wonder nou hoe ‘n Ingelsman “dutch courage” opbou? Hy word seker dan ‘n Ingelse hooligan genoem om te sorg dat hy nie ‘n identiteitskrisis beleef nie.
  •  Vet kinders: Kinders wat vet is kan hulle ouers blameer daarvoor. Navorsing het bewys dat kinders wat ‘n vet pa en kort ma het, ‘n groter kans het om later in hulle lewe oorgewig te wees. Britse navorsing toon dat hierdie kinders gewoonlik maer gebore word maar teen die ouderdom van 7 begin om gewig aan te sit. As volwassenes is hulle ‘n paar sentimeter korter as ander in hulle ouderdomsgroep. Hierdie Britse verslag is gepubliseer in The Journal of Epidemiology and Community Health.
  • Eiendomsagent: Enige ou kan ‘n eiendomsagent in die UK word of sy eie Agentskap op die been bring (so pas oor die nuus gehoor). Daar is geen vereistes en eksamens nie. Jy kan maar net jou kantoor oopmaak en jou bordjies gaan inkap. Dit blyk ook dat ‘n ou omtrent enige tipe besigheid kan oopmaak, selfs al beteken dit die lewering van professionele dienste. Ek het verlede jaar met ‘n solicitor hier gepraat wat aan my gese het dat ‘n ou wat by hom gewerk het en nie sy solicitor’s eksamen deurgekom het nie, bedank het en sy eie praktyk oopgemaak het. Die ou kan enige regswerk doen. Hy mag net nie in ‘n hof verskyn nie.
  • City law in Carmel: A man can’t go outside while wearing a jacket and trousers that do not match.

Lekker dag vir julle!

Anthonie.

  

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 47 [2003]

SEEROWERS EN DIE GALG (47) 

#              Verniet gehang: ‘n Paar jaar gelede was die Britse Appelhof Prosedure bevraagteken en is dit toe eindelik verander. Verder is daar ‘n liggaam in die lewe geroep (die Criminal Cases Review Commission)(CCRC) wat ou sake getrek het en voor die betrokke Appelhof geplaas het vir hersiening. Een van die eerste sake wat hierdie Kommissie gehanteer het in 1997 was die saak van Derek Bentley. Laasgenoemde is in 1953 gehang weens moord. Nadat hierdie saak deur die Appelhof hersien is, is Meneer Bentley se vonnis ter syde gestel. Geregtigheid na 44 jaar! 

#              Seerowers: Gedink seerowery is iets van verlede. Verkeerd! Gedurende 2001 is 4 Brits geregistreerde skepe op die oop see beroof. Verlede jaar het die syfer opgeskiet na 28. Die Royal Navy is verplig om, in terme van Internasionael Reg, hulp te verleen as `n skip deur seerowers aangeval word. 

#              Axis of goodwill: Amerika is jare gelede stert tussen die bene uit Vietnam. Dit het hulle interpreneurs nie afgesit nie. ‘n Amerikaner het sedert 1975 gestudeer aan die Universiteit van HO Chi Minh City in Vietnam. Amerikaanse regsfirmas het sedertdien ontstaan in Vietnam en verlede week het die Ministerie van Justisie in Vietnam ‘n prys toegeken aan die firma Baker & McKenzie vir ‘many contributions to international co-operation in the field of law”. Die artikel geneem uit The Times van 11 November 2003 lees soos volg: ‘Burke (partner in the firm Baker & McKenzie) is the first American student to have studied at the University of Ho Chi Minh City since 1975 so, although it may have taken almost 30 years to reach this point, it is a relief to know that reconciliation is possible. Baker & McKenzie, the pioneer of globalisation, is now rated by Global Counsel 3000 magazine as the highest ranked law firm in Vietnam. Who knows, by 2033 it may be in a similar pole position in Iraq, Iran, North Korea, Syria, Cuba…  

#              Grappie: A Dublin lawyer died in poverty and many barristers of the city subscribed to a fund for his funeral. The Lord Chief Justice of Orbury was asked to donate a shilling. ‘Only a shilling to bury an attorney?’said the Justice. ‘Here’s a guinea, go and bury 20 of them.’ 

Vervolg……………………….later

 Opgestel deur Anthonie Van Bosch

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 46 [2003]

ILLEGAL & DEFECTIVE (46) 

               Police Law Primer: Hier volg ‘n paar interessante misdrywe gehaal uit die boek Police Law Primer:  

A ‘common prostitute’ is a woman who is a convicted prostitute or who has been cautioned twice for the offence.

 ‘Buggery is anal intercourse between two men or between a man and a woman, or sexual intercourse in any form between a man or a woman with an animal’. So wees versigtig as jy vir iemand se “jou bugger” in die teenwoordigheid van ander. Hy kan jou voor die hof daag vir naamskending (defamation). ‘ It is an offence for a person to make an indecent assault on a woman. A girl under 16 or a woman who is a defective cannot consent to an indecent assault’ Snaakse woordgebruik. 

               Engelse Woordgebruik: In Engels beteken die woorde ‘unlawful’ en ‘illegal’ presies dieselfde. So ook die woorde ‘beneficial’ en ‘equitable’, ‘goods’ en ‘chattels’ en ‘give’ en ‘devise’. In al hierdie gevalle is die eerste woord van Britse herkoms en die laaste woord van Franse herkoms. Die rede vir die gebruik van die Franse woorde soos ‘illegal’ is dat dit die praktyk in Europa was om regsdokumente in Frans op te stel. Hierdie praktyk het na 1731 gestop toe daar van regsgeleerdes in Engeland verwag is om regsdokumente in Engels op te stel. Sekere Franse woorde is behou. Soos in SA word hier gepoog om regsdokumente in eenvoudige Engels op te stel. Opstellers streef nou ook daarna om eerder die Engelse (Saxon) woord as die Franse woord te gebruik. Ook word die Saxon woord verkies bo die Romeinse woord. Die woorde ‘save’ en ‘except’ is Romeinse woorde en word daar gepoog om dit nie te gebruik in die opstel van dokumente nie. Regsgeleerdes en opstellers van regsdokumente en kontrakte word nou wetlik verplig om eenvoudige regstaal te gebruik. Dit is nou onwettig om verbruikerskontrakte in ‘n ander taal as eenvoudige Engels op te stel (dit word vereis onder die Unfair Contract Terms Regulations 1999). 

               Grappie: After her conviction of murder in the second degree, the District Attorney, during her sentencing hearing said, ‘Mrs Packard – after you put the arsenic in the stew and served it to your husband, didn’t you feel even a little remorse for what you were doing?’ ‘I did,’ she said calmly.‘And when was that?’ quipped the D.A.‘When he asked for seconds!’ 

Vervolg ……………………..later. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch.

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 45 [2003]

WOONSTELLE EN REGSWERK (45) 

!                Woonstelle: Dit is nou ‘n goeie tyd om ‘n woonstel hier plaaslik te koop. Fairview New Homes Ltd verkoop nou nuwe 2 slaapkamer woonstelle vir 110 000 pond. Hulle telefoonnommer is 01233-627414 www.fairview.co.uk Ek is oortuig dat hierdie woonstelle oor sowat ‘n jaar of twee in goud gaan verander. Die volgende artikel het verskyn in ons plaaslike koerant (www.kentonline.co.uk/news ): 

HIGH SPEED LINK BOOST FOR HOUSE PRICES

 ‘Ashford is to become the new stockbroker belt, according to a firm of estate agents. When domestic rail services can use the Channel Tunnel Rail Link, the journey from Ashford to central London will take 37 minutes. Hobbs Parker believes house prices could reach those of stockbroker belt Sevenoaks. Alex Davies, head of Hobbs Parker’s country houses division, said: “With such substantial investment in the regional rail structure and the prospect of significantly reduces journey times, I can see no reason why Ashford should not at least share property value with affluent towns like Sevenoaks. Commuting there is a less laborious exercise with early-morning trains into Charing Cross taking 30 minutes” Mr Davies believes the boom will benefit people already living here. He said: “There is no shortage of buyers who can cash in on London house prices and seek a slower pace of life in Kent. “ Local people will be able to expand their employment status and earning potential further afield. Both depend on the cost of commuter rail travel, which is still unknown.” 

!                Uitkontraktering van regswerk: Some legal work, especially personal injury work, is now being outsourced to South African firms in Cape Town. This fact was broadcast on Law in Action on Radio 4 on 10th October 2003. One of the reasons is that lawyers in Cape Town can do some legal work (for example compilation of documentation) for much less than here in the UK. Lawyers are being paid much less in South Africa in relation to the UK. Lawyers in South Africa will be very interested in these kind of outsourcing as well as possible associate agreements. Many British people are relocating to South Africa and vice versa. As many of these people will require legal assistance in house buying and selling, as well as assistance in personal injury claims and other legal matters, any co-operation between legal firms could be in the interest of all parties concerned.  

!                Grappie: A millionaire informed his attorney, ‘I want a stipulation in my will that my wife is to inherit everything, but only if she remarries within six months of my death.’ ‘Why such an odd stipulation?’ asked the attorney.  ‘Because I want someone to be sorry I died!’ came the reply. 

Vervolg ……………………………..later. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch 

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 44 [2003]

POLISIE EN HOOGVERRAAD (44) 

§         Police Law Primer: Ek haal ‘n paar interessante oortredings aan uit hierdie boek: “It has been held that in certain circumstances a man may rape his wife” “It is an offence to keep a disorderly house” Knowingly allowing prostitutes to assemble or continue on premises (Late Night Refreshment House Act 1969) 

§         Hoogverraad: Section 1 of the Treason Act 1795 provides that a person cannot be convicted of high treason, which involves the death or kidnap of the Queen or her heirs, without the oaths of two credible witnesses. Die Criminal Law Revision Committee het reeds gedurende 1972 aanbeveel dat hierdie statutere vereiste ingetrek word, maar dit het nooit gebeur nie. 

§         Brandende Boude: In 1996 het die Appelhof hier in die UK ‘n skuldigbevinding aan Aanranding met die Opset om Ernstig te Beseer ter syde gestel waar ‘n man sy voorletters met sy vrou se toestemming op haar BOUDE ingebrand het (Wilson-saak). 

§         Belastingvermyding in die UK: As jy ‘n paar pond ‘n jaar oorhou kan jy dit skenk aan jou kinder(s) en belasting spaar. Jy kan jaarliks tot £3 000 skenk sonder om belasting daarop te betaal. Indien jy sou doodgaan is daardie geld vrygestel van belasting. Indien jy byvoorbeeld £5 000 hierdie jaar aan jou dogter Sannie skenk sal jou Persoonlike Verteenwoordiger slegs £2 000 daarvan in ag hoef te neem as jy nou sou doodgaan. Jy kan elke jaar dus £3 000 so “weggee”. As jy dit nie hierdie belastingjaar gebruik nie, kan jy dit oordra na die volgende belastingjaar toe. Jy kan dit net een keer so oordra. Onthou net, as jy dit nie doen nie, gaan die Ontvanger breed glimlag die dag as jy die emmer sou skop. So sorg dat as jy die emmer skop, jy dit ten minste oor die pale skop vir 3 punte! (£3 000 ). 

§         Wyn: Die volgende SA Wyn is hier te koop by ASDA en SAINSBURY`S: Auvignon Blanc, Pinotage, Chenin Blanc, Medium White, Shiraz (Sham Wari) alles vanaf Stellenbosch, Pinotage Shiraz, Chenin Blanc-Chardonnay (Dumisani), Chardonnay (Hamwari) van Robertson, Chardonnay Semillon, Pinotage Cinsault (Kumala), Cabernet Sauvignon (Long Mountain), Pinotage Shiraz (Leopards Leap), Chardonnay (JC South African Reserve Selection), Sauvignon Blanc (Sincerely) vanaf iewers in die Weskaap. Castel Lager bier is ook te koop hier by van die supermarkte. 

Vervolg……………………..later 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 43 [2003]

NUUSBRIEF UIT UK (43)

 §         Seewalle: Sekere gebiede hier in Engeland het Seewalle wat die see uithou met hoogwater wat met sterk winde gepaard gaan. By Littlestone is daar ‘n 5 meter opening in die betonmuur. Die inwoners is bang dat hulle met ‘n storm sal wegspoel. Die huise is in ‘n area gebou wat 5 meter laer is as die hoogwatermerk. Vertoë is reeds gerig aan die “Environment Agency,” maar die het tot dusver glad nie daarop gereageer nie. Die Gebiedsvloede Bestuurder het die volgende gesê: “We are aware the boards are in poor condition, and are currently acquiring new timber which will be in place in a couple of weeks. However we don’t believe there is an imminent threat to safety – we keep a close monitor on tides and would obviously issue flood warnings if it was necessary.” Die probleem is dat teen daardie tyd ‘n klomp mense reeds verdrink het! Hout gaan ook nie help nie want dit is ‘n 5 meter betonmuur wat deur die “shingle” (klein klippies) weggedruk is. Baie strande hier het in plaas van wit fyn sand, klein klippies (shingle). 

§         Internasionale Verfbal Kompetisie: Wie het al “Paintball” gespeel? Ek het al en is sommer vinnig “van kant” gemaak. Die Europese Kampioenskappe is verlede naweek in Ashford gehou. Ongeveer 700 deelnemers het deelgeneem. Verteenwoordigers van onder andere Rusland, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Portugal en Swede het gekompeteer met die voorste Liga Spanne van die UK.  

§         Britte in Frankryk: Ongeveer 500 000 Britte het reeds ‘n tweede huis in Frankryk gekoop. Huise was baie goedkoop in Frankryk maar het die laaste 12 maande met ongeveer 30% gestyg. Die “locals” (soos die geval ook in SA) kry swaar omdat buitelanders die plaaslike huispryse opjaag. Die Franse is egter bly oor die Britse “settlers” omdat hulle heelwat spandeer en die plaaslike ekonomie bevoordeel. Baie “dooie” Franse dorpe kry nou weer “lewe.” Veral die “pubs”! Ek en Karen kan ook dalk een van die dae in Frankryk bly en elke dag met die Eurostar inry.

 §         UK Belasting: As jy ‘n lewenspolis het, sorg dat die polis in trust geskryf word vir ‘n begunstigde soos jou pa, ma, eggenoot of kind. Indien die polis nie in trust geskryf is nie, maar die opbrengs aan jou boedel uitbetaal word as jy sou doodgaan, kan jou boedel heelwat afstaan aan boedelbelasting. Ek en Karen is byvoorbeeld verseker vir £250 000. Jou boedel betaal 40% belasting vir enige bedrag meer as £255 000 as jy die emmer sou skop. As jou werkgewer ook nog £100 000 uitbetaal en jou hele boedel is se maar £400 000 werd gaan jou eksekuteur heelwat oorbetaal aan die Ontvanger. Maak byvoorbeeld jou seun of dogter die begunstigde. Hy of sy kry dan die £250 000 belastingvry en jou boedel betaal geen belasting as die res onder £255 000 is nie. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch 

Vervolg………………………later.

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 42 [2003]

 42.              BIKINIS EN PENDEL 

]                 Wapenamnestie: Met die onlangse wapenamnestie is 44 000 wapens in die UK ingehandig. 

]                 Oorkruiskanaal pendel: Die Britte het voorgestel dat van hulle burgers in Frankryk gaan bly en daagliks met die Eurostar trein werk toe pendel. Dit sal blykbaar die noodsaaklikheid vir meer huise in die suide van Engeland verlig en bydra tot werkskepping in Frankryk waar werkloosheid heelwat meer is as in die UK. Tans moet eurostar passasiers 50 pond per dag betaal om tussen die UK en Frankryk te reis. Kent County Council wil kyk of hulle ‘n ooreenkoms kan beding met Eurostar om pendelaars te laat pendel teen 10 pond per dag om so ‘n projek lewensvatbaar te maak. Huise is sowat die helfte goedkoper in Frankryk as in die UK. Die eorostar trein beweeg teen sowat 300 km/h. 

]                 Werkloosheidsvoordele: Die Staat wil dit verpligtend maak vir mense wat werkloosheidsvoordele kry omdat hulle nie werk kan kry in hulle huidige omgewing nie, om te pendel na dorpe waar daar meer werk is. So sal iemand nie meer kwalifiseer vir werkloosheidsvoordele as hy nie bereid is om tot ‘n uur en half na ‘n ander dorp te pendel om daar te gaan werk nie. Dit sal beteken dat sekere ouens tot 3 ure per dag byvoorbeeld op die trein sal wees om in ander dorpe te gaan werk. 

]                 Europese Unie Fondse: die Europese Unie het heelwat fondse beskikbaar vir gebruik deur lidlande van die Unie. Individue en organisasies wat ‘n goeie besigheidsplan voorle kan van die geld bekom. Die Unie het onlangs 900 000 pond (sowat R1 080 000,00) uitbetaal aan ‘n opleidingskool vir Italiaanse TV “showgirls.” Die geld is beskibaar gestel sodat die meisies kan leer hoe hulle bikinis moet dra. Die 97 meisies word geleer om bikinis te dra, te dans, sing en grimering aan te wend. Die Italiaanse TV dienste is reeds vol skamele geklede dames wat deelneem aan vasvrae programme en sokker gesprekke. Een van die dae gaan daar heelwat meer van hulle wees as hierdie bikini meisies klaar is met hulle opleiding wat sowat 10 000 pond per meisie kos. Dit is twee keer soveel as wat dit kos om vir ‘n Italiaanse meisie se drama-klasse te betaal by ‘n Italiaanse toneelopleidingskool. 

]                 Uitgawes na jou dood (UK): Onthou tog asseblief om voorsiening te maak vir uitgawes na jou dood. Anders bly jou klavier net daar staan. Indien jy byvoorbeeld jou klavier bemaak aan Sussie en Sussie bly 1000 kilometer van jou af, of selfs oorsee, onthou om in die testamentere klousule in te sit dat die uitgawes vir die vervoer daarvan in berekening gebring word voordat die res van jou boedel aan die hoofbegunstigde uitbetaal word. Jy mag egter verkies dat Sussie self vir die onkostes moet instaan. In sulke gevalle mag dit gebeur dat Sussie nie meer die klavier wil he nie omdat die vervoeruitgawes meer is as die waarde van die klavier.  

Vervolg……………………… later 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch

Lewer Kommentaar

NUUSBRIEF 40 [2003]

 40.            ASHFORD EN NUWE WETGEWING 

f               Posstemme: Die kiesers hier in Ashford kon vir die eerste keer per pos stem. Ek en Karen het dus ons stem briefies voltooi en voor kiesdag gepos. Dit het ons baie moeite en tyd gespaar. 

f               Verkoopstegnieke hier in Ashford:  -         Hier is positiewe verkoopstegnieke: Buy one get one free, katalogusse wat by jou deur gelos word en jy dan kan besluit of jy wil koop of nie. As jy niks wil koop nie, los jy maar net weer die katalogus buite jou deur -         Opportunistiese verkoopstegnieke: Eiendomsagente wat nuwe eenhede vir ontwikelaars verkoop en dan die prys met 5% verhoog (ouens wat vir die eerste keer by die kantoortjie instap weet nie die pyse is vanaf verlede week verhoog nie), net om te adverteer dat indien jy nou koop jy 5% afslag kry, ander eiendomsagente wat weer ‘n plek adverteer vir heelwat goedkoper as die res en as jy daar kom is die plek blykbaar reeds die oggend gereserveer, net om ‘n maand later weer in die koerant te sien die plek word steeds geadverteer teen dieselfde prys, en ouens wat double glazing verkoop en jou dan 33% “afslag” gee wat in elk geval beteken dat jy nog steeds deur jou nek betaal vir die vensters-         en negatiewe verkoopstegnieke: waar iemand klop en sommer wil he dat jy daar en dan ‘n aftrekorder teken vir iets. 

f               Nuus in die Kentish Express oor Ashford: “Some of the world’s top architects are clambering to get involved with designing the new Ashford according to Ashford Borough Council’s economic development manager Mark Bradbury” & “There is enthusiasm for change and determination that the new Ashford will be the place to be” & “In 30 years time it (Ashford) will be a showpiece for John Prescott’s mission to provide Sustainable Communities for the Future” & “ With the area designated for 28 000 new jobs and 31 000 extra homes the council knows it needs the facilities to support the population explotion and creation of a commercial heart that citizens will be proud to have” & “Above all, money is available and together that is a cocktail for success and an opportunity to make real progress”. 

f               Politiek in Ashford: Die bekendste partye hier is die Konserwatiewe Party en die Werkersparty. ‘n Party wat hom vir die eerste keer hier bevind is die “ongewilde” Nasionale Front Party. Dit is ‘n ver regse party. Hulle wil Engeland Blank he, en sal, as hulle aan bewind kom, die anderskleuriges vra om ander weivelde (buite Engeland) te gaan soek. Die Nasionale Front Party se kandidaat se familie het voor die verkiesing dreigoproepe gekry, ten spyte van die feit dat hulle nie sy party ondersteun nie. Hulle word gebrandmerk as “ Nazi Scum” en “Racists.” Volgens die kandidaat meen die mense hier dat al die mense in die telefoongids met dieselfde van deel het aan hierdie party en word hulle gebel en gedreig. Terloops, die verkiesing is verby en het hierdie party baie min stemme gekry. 
 

f               Argitekte en Ashford: Soos reeds genoem is Ashford geoormerk vir groot ontwikkelings. Sommige van die wereld se voorste argitekte wil betrokke raak in die ontwikkeling van die dorp. Die Plaaslike Stadsraad word oorval met navrae. Gesprekke word reeds gevoer met belangstellende argitekte met die oog op die ontwikkelinge. Vir party is dit dalk reeds te laat want planne vir van die nuwe futuristiese geboue en inkopiesentrums is reeds opgetrek en sal van volgende naweek beskikbaar wees vir insae. Daar word ook gekyk na planne om die historiese dorp met die Internasionale stasie en die Designer Outlet Centre te verbind. 

f               Stokkiesdraai: In Engeland word ouers tronk toe gestuur as hulle toelaat dat hulle kinders stokkies draai. Gedurend Maart het 25 pare ouers in die hof verskyn hieroor. Agt van hulle is boetes opgele van £150 to £400. ‘n Ouer kan ‘n boete opgele word van tot £2 500 per kind en/of 3 maande tronkstraf. 

f               Nuwe Wetgewing: Soos reeds vroeer genoem kan jy ‘n huis koop onderhewig aan of ‘n Freehold of ‘n Leasehold. Nuwe Wetgewing is oppad wat hoofsaaklik gaan wegdoen met Leaseholds. In die plek daarvan kom Commonholds. Laasgenoemde is gedeeltelik gebaseer op die Deeltitel Skemas wat ons in Suid Afrika het met ‘n Deeltitelbestuurder (Body Corporate). Daar sal ook geen termyn aan gekoppel wees nie. Tans is daar termyne gekoppel aan Leaseholds. Die termyne kan wissel van 21 jaar tot byvoorbeeld 999 jaar. Die termyn wat aan ons woonstel gekoppel is, is 155 jaar. Volgens die nuwe wetgewing kan ons die Leasehold verander na ‘n Commonhold as 100% van die eienaars daartoe instem. 

Vervolg………………………………..later. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch.   

Lewer Kommentaar

Older Posts »