DUTCHMAN AND INGLISHMAN (48)
- Dutchman & Dutch courage: In die saak van Attorney-General for Northern Ireland v. Gallagher [1963] AC het die hof beslis dat waar ‘n verweerder dronk raak ten einde “dutch courage” op te bou om ‘n misdaad te pleeg, hy die feit dat hy dronk was nie as ‘n verweer kan gebruik nie. Dutch courage beteken jenewermoed volgens die woordeboek. Jenewer is gin. Hollandse moed het dus te make met die vooraf gebruik van alkohol. Ek wonder nou hoe ‘n Ingelsman “dutch courage” opbou? Hy word seker dan ‘n Ingelse hooligan genoem om te sorg dat hy nie ‘n identiteitskrisis beleef nie.
- Vet kinders: Kinders wat vet is kan hulle ouers blameer daarvoor. Navorsing het bewys dat kinders wat ‘n vet pa en kort ma het, ‘n groter kans het om later in hulle lewe oorgewig te wees. Britse navorsing toon dat hierdie kinders gewoonlik maer gebore word maar teen die ouderdom van 7 begin om gewig aan te sit. As volwassenes is hulle ‘n paar sentimeter korter as ander in hulle ouderdomsgroep. Hierdie Britse verslag is gepubliseer in The Journal of Epidemiology and Community Health.
- Eiendomsagent: Enige ou kan ‘n eiendomsagent in die UK word of sy eie Agentskap op die been bring (so pas oor die nuus gehoor). Daar is geen vereistes en eksamens nie. Jy kan maar net jou kantoor oopmaak en jou bordjies gaan inkap. Dit blyk ook dat ‘n ou omtrent enige tipe besigheid kan oopmaak, selfs al beteken dit die lewering van professionele dienste. Ek het verlede jaar met ‘n solicitor hier gepraat wat aan my gese het dat ‘n ou wat by hom gewerk het en nie sy solicitor’s eksamen deurgekom het nie, bedank het en sy eie praktyk oopgemaak het. Die ou kan enige regswerk doen. Hy mag net nie in ‘n hof verskyn nie.
- City law in Carmel: A man can’t go outside while wearing a jacket and trousers that do not match.
Lekker dag vir julle!
Anthonie.