NUUSBRIEF 47 [2003]

SEEROWERS EN DIE GALG (47) 

#              Verniet gehang: ‘n Paar jaar gelede was die Britse Appelhof Prosedure bevraagteken en is dit toe eindelik verander. Verder is daar ‘n liggaam in die lewe geroep (die Criminal Cases Review Commission)(CCRC) wat ou sake getrek het en voor die betrokke Appelhof geplaas het vir hersiening. Een van die eerste sake wat hierdie Kommissie gehanteer het in 1997 was die saak van Derek Bentley. Laasgenoemde is in 1953 gehang weens moord. Nadat hierdie saak deur die Appelhof hersien is, is Meneer Bentley se vonnis ter syde gestel. Geregtigheid na 44 jaar! 

#              Seerowers: Gedink seerowery is iets van verlede. Verkeerd! Gedurende 2001 is 4 Brits geregistreerde skepe op die oop see beroof. Verlede jaar het die syfer opgeskiet na 28. Die Royal Navy is verplig om, in terme van Internasionael Reg, hulp te verleen as `n skip deur seerowers aangeval word. 

#              Axis of goodwill: Amerika is jare gelede stert tussen die bene uit Vietnam. Dit het hulle interpreneurs nie afgesit nie. ‘n Amerikaner het sedert 1975 gestudeer aan die Universiteit van HO Chi Minh City in Vietnam. Amerikaanse regsfirmas het sedertdien ontstaan in Vietnam en verlede week het die Ministerie van Justisie in Vietnam ‘n prys toegeken aan die firma Baker & McKenzie vir ‘many contributions to international co-operation in the field of law”. Die artikel geneem uit The Times van 11 November 2003 lees soos volg: ‘Burke (partner in the firm Baker & McKenzie) is the first American student to have studied at the University of Ho Chi Minh City since 1975 so, although it may have taken almost 30 years to reach this point, it is a relief to know that reconciliation is possible. Baker & McKenzie, the pioneer of globalisation, is now rated by Global Counsel 3000 magazine as the highest ranked law firm in Vietnam. Who knows, by 2033 it may be in a similar pole position in Iraq, Iran, North Korea, Syria, Cuba…  

#              Grappie: A Dublin lawyer died in poverty and many barristers of the city subscribed to a fund for his funeral. The Lord Chief Justice of Orbury was asked to donate a shilling. ‘Only a shilling to bury an attorney?’said the Justice. ‘Here’s a guinea, go and bury 20 of them.’ 

Vervolg……………………….later

 Opgestel deur Anthonie Van Bosch

Lewer Kommentaar