POLISIE EN HOOGVERRAAD (44)
§ Police Law Primer: Ek haal ‘n paar interessante oortredings aan uit hierdie boek: “It has been held that in certain circumstances a man may rape his wife” “It is an offence to keep a disorderly house” Knowingly allowing prostitutes to assemble or continue on premises (Late Night Refreshment House Act 1969)
§ Hoogverraad: Section 1 of the Treason Act 1795 provides that a person cannot be convicted of high treason, which involves the death or kidnap of the Queen or her heirs, without the oaths of two credible witnesses. Die Criminal Law Revision Committee het reeds gedurende 1972 aanbeveel dat hierdie statutere vereiste ingetrek word, maar dit het nooit gebeur nie.
§ Brandende Boude: In 1996 het die Appelhof hier in die UK ‘n skuldigbevinding aan Aanranding met die Opset om Ernstig te Beseer ter syde gestel waar ‘n man sy voorletters met sy vrou se toestemming op haar BOUDE ingebrand het (Wilson-saak).
§ Belastingvermyding in die UK: As jy ‘n paar pond ‘n jaar oorhou kan jy dit skenk aan jou kinder(s) en belasting spaar. Jy kan jaarliks tot £3 000 skenk sonder om belasting daarop te betaal. Indien jy sou doodgaan is daardie geld vrygestel van belasting. Indien jy byvoorbeeld £5 000 hierdie jaar aan jou dogter Sannie skenk sal jou Persoonlike Verteenwoordiger slegs £2 000 daarvan in ag hoef te neem as jy nou sou doodgaan. Jy kan elke jaar dus £3 000 so “weggee”. As jy dit nie hierdie belastingjaar gebruik nie, kan jy dit oordra na die volgende belastingjaar toe. Jy kan dit net een keer so oordra. Onthou net, as jy dit nie doen nie, gaan die Ontvanger breed glimlag die dag as jy die emmer sou skop. So sorg dat as jy die emmer skop, jy dit ten minste oor die pale skop vir 3 punte! (£3 000 ).
§ Wyn: Die volgende SA Wyn is hier te koop by ASDA en SAINSBURY`S: Auvignon Blanc, Pinotage, Chenin Blanc, Medium White, Shiraz (Sham Wari) alles vanaf Stellenbosch, Pinotage Shiraz, Chenin Blanc-Chardonnay (Dumisani), Chardonnay (Hamwari) van Robertson, Chardonnay Semillon, Pinotage Cinsault (Kumala), Cabernet Sauvignon (Long Mountain), Pinotage Shiraz (Leopards Leap), Chardonnay (JC South African Reserve Selection), Sauvignon Blanc (Sincerely) vanaf iewers in die Weskaap. Castel Lager bier is ook te koop hier by van die supermarkte.
Vervolg……………………..later
Opgestel deur Anthonie Van Bosch