NUUSBRIEF 40 [2003]

 40.            ASHFORD EN NUWE WETGEWING 

f               Posstemme: Die kiesers hier in Ashford kon vir die eerste keer per pos stem. Ek en Karen het dus ons stem briefies voltooi en voor kiesdag gepos. Dit het ons baie moeite en tyd gespaar. 

f               Verkoopstegnieke hier in Ashford:  -         Hier is positiewe verkoopstegnieke: Buy one get one free, katalogusse wat by jou deur gelos word en jy dan kan besluit of jy wil koop of nie. As jy niks wil koop nie, los jy maar net weer die katalogus buite jou deur -         Opportunistiese verkoopstegnieke: Eiendomsagente wat nuwe eenhede vir ontwikelaars verkoop en dan die prys met 5% verhoog (ouens wat vir die eerste keer by die kantoortjie instap weet nie die pyse is vanaf verlede week verhoog nie), net om te adverteer dat indien jy nou koop jy 5% afslag kry, ander eiendomsagente wat weer ‘n plek adverteer vir heelwat goedkoper as die res en as jy daar kom is die plek blykbaar reeds die oggend gereserveer, net om ‘n maand later weer in die koerant te sien die plek word steeds geadverteer teen dieselfde prys, en ouens wat double glazing verkoop en jou dan 33% “afslag” gee wat in elk geval beteken dat jy nog steeds deur jou nek betaal vir die vensters-         en negatiewe verkoopstegnieke: waar iemand klop en sommer wil he dat jy daar en dan ‘n aftrekorder teken vir iets. 

f               Nuus in die Kentish Express oor Ashford: “Some of the world’s top architects are clambering to get involved with designing the new Ashford according to Ashford Borough Council’s economic development manager Mark Bradbury” & “There is enthusiasm for change and determination that the new Ashford will be the place to be” & “In 30 years time it (Ashford) will be a showpiece for John Prescott’s mission to provide Sustainable Communities for the Future” & “ With the area designated for 28 000 new jobs and 31 000 extra homes the council knows it needs the facilities to support the population explotion and creation of a commercial heart that citizens will be proud to have” & “Above all, money is available and together that is a cocktail for success and an opportunity to make real progress”. 

f               Politiek in Ashford: Die bekendste partye hier is die Konserwatiewe Party en die Werkersparty. ‘n Party wat hom vir die eerste keer hier bevind is die “ongewilde” Nasionale Front Party. Dit is ‘n ver regse party. Hulle wil Engeland Blank he, en sal, as hulle aan bewind kom, die anderskleuriges vra om ander weivelde (buite Engeland) te gaan soek. Die Nasionale Front Party se kandidaat se familie het voor die verkiesing dreigoproepe gekry, ten spyte van die feit dat hulle nie sy party ondersteun nie. Hulle word gebrandmerk as “ Nazi Scum” en “Racists.” Volgens die kandidaat meen die mense hier dat al die mense in die telefoongids met dieselfde van deel het aan hierdie party en word hulle gebel en gedreig. Terloops, die verkiesing is verby en het hierdie party baie min stemme gekry. 
 

f               Argitekte en Ashford: Soos reeds genoem is Ashford geoormerk vir groot ontwikkelings. Sommige van die wereld se voorste argitekte wil betrokke raak in die ontwikkeling van die dorp. Die Plaaslike Stadsraad word oorval met navrae. Gesprekke word reeds gevoer met belangstellende argitekte met die oog op die ontwikkelinge. Vir party is dit dalk reeds te laat want planne vir van die nuwe futuristiese geboue en inkopiesentrums is reeds opgetrek en sal van volgende naweek beskikbaar wees vir insae. Daar word ook gekyk na planne om die historiese dorp met die Internasionale stasie en die Designer Outlet Centre te verbind. 

f               Stokkiesdraai: In Engeland word ouers tronk toe gestuur as hulle toelaat dat hulle kinders stokkies draai. Gedurend Maart het 25 pare ouers in die hof verskyn hieroor. Agt van hulle is boetes opgele van £150 to £400. ‘n Ouer kan ‘n boete opgele word van tot £2 500 per kind en/of 3 maande tronkstraf. 

f               Nuwe Wetgewing: Soos reeds vroeer genoem kan jy ‘n huis koop onderhewig aan of ‘n Freehold of ‘n Leasehold. Nuwe Wetgewing is oppad wat hoofsaaklik gaan wegdoen met Leaseholds. In die plek daarvan kom Commonholds. Laasgenoemde is gedeeltelik gebaseer op die Deeltitel Skemas wat ons in Suid Afrika het met ‘n Deeltitelbestuurder (Body Corporate). Daar sal ook geen termyn aan gekoppel wees nie. Tans is daar termyne gekoppel aan Leaseholds. Die termyne kan wissel van 21 jaar tot byvoorbeeld 999 jaar. Die termyn wat aan ons woonstel gekoppel is, is 155 jaar. Volgens die nuwe wetgewing kan ons die Leasehold verander na ‘n Commonhold as 100% van die eienaars daartoe instem. 

Vervolg………………………………..later. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch.   

Lewer Kommentaar