NUUSBRIEF 27 [2003]

27.              DISKETTE EN DEFLASIE 


 §         Wapengeweld: Hierdie tipe geweld het verlede jaar in Brittanje met meer as‘n derde gestyg. Daar was 10 000 ‘gun crime’ oortredings. Een ou het die volgende opmerking gemaak waarvoor hy later verskriklik om verskoning moes vra: ‘It is time for black people in the community to pay the city back by delivering the gangsters who shot two (black) girls’. Hierdie twee meisies is ‘per ongeluk’ raakgeskiet buite ‘n nagklub.


 §         Diskette: Diskette word hier genoem floppies. Hulle ken glad nie die naam stiffies hier nie. Ons het die groot floppierigge diskette wat in onbruik verval het floppies genoem en die nuwe harde diskette stiffies. Soos te verwagte het hulle gehou by die naam floppies al is die ‘nuwe’ diskette nie meer floppierig nie maar van harde plastiek gemaak.


 §         Britse segoed: Sy is ‘n ‘couple of sandwiches short of a picnick’ (sy is sielkundige geval), dit is ‘cheap as chips’ (baie goedkoop) en ‘sell it up’ (jou huis verkoop om ‘n duurder een te koop).


 §         Deflasie: Die Britte het om en by die begin van die 1980’s `n baie groot oplewing gehad in hulle huismark met groot prys stygings. Kort daarna het die huismark in duie gestort en het sekere ouens `n ‘negative equity’ op hulle huise gehad. Die een ou saam met wie ek werk se huis het geval vanaf 80 000 pond na ongeveer 54 000 pond. Die tendens het vir ongeveer 15 jaar bly voortduur en huise het eers onlangs weer begin styg in Brittanje. Dit het verlede jaar met ongeveer 22% gestyg. 

§         Stigma: Britte wil nie met asiel-soekers werk nie. Dit is meestal uitlanders wat aansoek doen vir hierdie tipe werk. Die een maatskaplike werker wat in ons kantoor werk het nie eens sy kinders en ouers vertel hy werk met asiel-soekers nie.


 §         Humaniste: Engeland is vol van hulle. Dit is deesdae hierdie tipe ouens (wat by die Staat as huweliksvoltrekkers geregistreer is) wat volgeboek is om troues te doen en nie priesters en pastore nie. Baie van hulle word genoop om hulle kerke te sluit!

Lewer Kommentaar