NUUSBRIEF 25 [2003]

 25.       INFLASIE EN VERHOGINGS 

§         Agentskappe: As jy `n nuwe huis/woonstel wil koop kan jy die volgende agentskappe nader: Abbey New Homes, www.abbeynewhomes.co.uk, Persimmon, www.persimmonhomes.com, Ward Homes, www.wardhomes.co.uk


  §         Britse segoed wat verskil van ons s’n: Ons se dog box, hulle se dog house, ons se Bond, hulle se Mortgage, ons se geyser, hulle se boiler, ons se robot, hulle se traffic light. 

§         Rassisme: `n Blanke Skotse Masjienoperateur het so pas sy rassisme saak gewen teen sy Blanke Engelse kollegas by die rubberfabriek VIP Heinke nadat die Industriele Tribunaal in sy guns besluit het. Die Tribunaal het besluit dat hy die slagoffer was van rassediskriminasie as gevolg van sy Skotse afkoms. Volgens die Tribunaal was Meneer Nisbet blootgestel aan ‘n reeks rassistiese beledigings oor `n lang tydperk. Die beledigings was gerig as `n vorm van “bullying” teenoor ‘n ondergeskikte wat in ‘n weerlose posisie was. 

§         Inflasie: In 1973 was die pond $2.46 werd. Die gemiddelde maandelikse salaris wat die Britte verdien het was £120.44 (nou £2000), ‘n pakkie chips 5p (nou 27p), ‘n koeldrank 8p (nou 60p), lipstiffie 45p (nou £10), ‘n elektriese ketel £7 (nou £20) en `n gemiddelde ete £1 (nou £6). 


 §         Salarisverhogings: Die Britse Staatsamptenare kry hierdie jaar ‘n verhoging wat gelyk is aan die inflasiekoers (ongeveer 3%). Die Lord Chancellor (hulle het nie eitlik `n Minister van Justisie nie, maar hierdie ou is die naaste daaraan en dit is die ou wat die Britte meen maar eerder nie met die media moet praat nie weens die ouderwetse stellings wat hy maak. Baie Britte weet ook nie eintlik wat hierdie ou se rol is nie) kry `n salarisaanpassing van 12%. Die Britte is baie vies hieroor en meen hy moes die salarisverhoging geweier het. Britse argaiese wetgewing bepaal egter dat hy hierdie verhoging MOET kry. Hy moet £2 500 per jaar meer kry as die Lord Chief Justice. Hy mag egter die verhoging weier. Kan jy nou meer!
 

Vervolg ……………………………………….later. 

Opgestel deur Anthonie Van Bosch.

Lewer Kommentaar