NUUSBRIEF 1 [2002]

1.         GROEN GODINNE EN ANDER DINGE [2002]

Die Engelse en hulle gewoontes, gebruike en sienings kan soms baie interessant wees. Hierna volg `n klomp voorbeelde.

 §         Groen Godinne: Die eerste staking deur brandweermanne in 25 jaar begin vandag (13 November 2002). Aangesien hulle spesiaal opgelei is om die moderne brandweerwaens te hanteer, kan volunteers en polisiemanne nie gebruik word om hierdie diens oor te neem nie. Die weermag gaan egter nou die Groen Godinne gebruik. Laasgenoemde is Bedford brandweerwaens wat groen geverf is, is 49 jaar oud en is ontwerp om die weermag te help tydens die Koue Oorlog indien daar `n atoombomaanval in die UK sou wees. Hierdie brandweerwaens is onder andere swak toegerus en het nie radios nie. Kommunikasie geskied deur polisievoertuie wat hulle vergesel na `n brand toe.


§         Afrikaans: ‘……..you may have to study a language, such as Afrikaans. You don`t like languages and Afrikaans repels you by its somewhat harsh sounds. But you may also be interested in travel, so you look up some data about South Africa, where Afrikaans is spoken. You find yourself fascinated by the country and its peoples; you come across some strange words, descriptive of places and things, e.g. dorp (a village), kloof (a ravine), spoorweg (a railway track), and you learn that these words and many more like them are in Afrikaans and are the common currency of the people of that country. Then, if you have ever been to Holland or Belgium, you recall that certain street signs are strangely like those you have come across in books about South Africa, and so you learn something about the origin of Afrikaans which, though a language in its own right, had its beginnings in early Dutch and Flemish. By this time you are interested in the language itself and make the further discovery that it was deliberately and scientifically built up, a sort of Esperanto for the native-born South African, owing much to his early Dutch forebears yet existing as an independent tongue based on modern linguistic principles – e. g. it is phonetic and goes in for simplified spelling.’ Personal Efficiency – F Addington Symonds 1964


§         Robots: Die goed wat ons robots noem en wat wys ons moet stop noem die Engelse traffic lights. Hulle gebruik glad nie die naam robots nie. Volgens hulle is `n robot `n ding wat arms en bene het soos in die Ruimtewetenskapfiksie prente.

 §         Grondwet: Die Engelse het nie `n geskrewe grondwet nie. Hulle het `n ongeskrewe FLEXIBLE grondwet. Hulle parlement kan basies doen wat hulle wil. Hulle het niks wat hulle in toom hou nie. Hulle leuse is: Laat waai Meraai!


§         Rubberstempel: Die Monarg moet alle wette teken voordat dit regskrag het. Sy mag weier om wette te teken, maar sy mag ook nie. Sy is dus `n RUBBERSTEMPEL. Sy is nie `n gewone rubberstempel nie. Sy is een wat die belastingbetaler baie ponde kos! 

§         Mag en Mag nie: Die Monarg stel die Eerste Minister aan. Sy mag weier om hom aan te stel, maar sy mag ook nie.  Vervolg…………………..later! 

Opgestel deur Anthonie van Bosch

Lewer Kommentaar